Sunday, 16 November 2014

Kwartaal 2


Ons moest iemand geskilder/geteken het wat ons rol model was en ek het vir Isamaya Ffrench gevat wat 'n body and make-up artist is. Sy het vir die Desember vakansie, saam met my familie van Engeland, afgekom Suid-Afrika toe. Sy is 'n vriendelike, pal op die aarde persoon en sy is vir my 'n insperasie vir my kuns omdat sy self 'n uitstekende kunstenaar is en ek die voorreg gehad het om haar persoonlik te ontmoet en leer ken het. Ons het die foto geneem by Spier.

Ek het in 3 mediums gewerk, acrylic verf, pen (doodles) en ink. Ek het eerste die figuur (Isamaya) geskilder in die acrylic verf en dan die slang, in pen, gedoodle en laastens die agtergrond in ink en 'n filterpen gedoen.

Die slang simboliseer haar avontuurlike persoonlikheid. Sy hou baie daarvan om nuwe lande en hul kulture te bewonder en sien enige fiesise aktiwiteit as 'n uitdaaging. Die blou en pers strukture is fungi en sy vind dit baie fassineerend. Dit verteenwoord hoe sy dink in opsigte van haar kuns, want haar kuns is iets heeltemaal anderste net soos die fungi.

No comments:

Post a Comment