Sunday, 16 November 2014

Kwartaal 1 (2014)



Ek moes 'n vertrek geskilder/teken het om 'n seker emosie uit te beeld. Ek het 'n foto geneem waar ek op 'n trap gestaan het, in 'n gang en die deur van 'n kamer, met 'n lig wat binne brand, afgeneem. Ek het dit op papier geteken en met 'n waterverf "wash" begin van alle kleure.

Nadat ek die wash gedoen het, het ek begin met die pastel bo-op die waterverf wash. Waar dit lig was, het ek enige ligte kleure gebruik en waar dit donker was, het ek alle donker kleure gebruik. Op die einde het dit 'n onrealistiese effek gegee, maar op dieselfte tyd ook 'n realistiese effek. Die emosie wat uitgebeeld word, is baie geheimsinig en "mysterious", mens wonder wat in die kamer is of daar iets binne in die kamer is of iemand daar besig is met iets.

No comments:

Post a Comment