Thursday, 27 November 2014

Kwartaal 4

 Vir die projek was die tema die kombuis. Ek het besluit om terug in tyd te gaan in die antieke Egyptiese tyd en uit te beeld hoe Egyptenare kos ge maak het. Ek het 2 panele, die eerste een is 'n kamer met twee pharaohs wat by 'n talfel sit en n'n slaaf was kos na hulle toe bring en die tweede paneel is 'n kombuis waar die slawe die kos voor bery.

Van die oog af lyk dit normal, maar nie rerig nie.



Die eerste paneel van die pharaohs en die slaaf, die kamer se muur is versier met hierogliewe en mooi pilare. Die pharaohs se klere is van 'n goeie gehalte en het juwele aan. Dit wys in die gemak wat die pharaohs geleef het en die hierogliewe wys dat die pharaohs altyd onthou sal word. Die figure op die mure is 2 gode die vrou met die veer op haar kop aan die linker kant is Ma'at en verteenwoordig waarheid en die een met die kop van die voël, ibis, aan die regter kant was Thoth en verteenwoordig kenis en skryf. Hulle is een van die belangrke "karakers" wanneer dit dit by die keuse kom wanneer die egyptenare sterf en of hulle die ewige lewe sal hê. Die kat wat die vis van die tafel af haal verteenwoordig vir Bastet die godin met die domesiek kat kop en in Egypte het hulle geglo Bastet en alle kat het veilig het na hulle toe gebring en so verseker die pharaohs hulle veiligheid vooren toe.




Die tweede paneel waar die slawe werk in die kombuis is weer die teenoorgestelde van die eerste paneel. Die slawe se klere is "plain" en van gewone materiale gemaak en het geen juwele nie. Die mure is wit met geen hierogliewe nie, maar onder op die grond teen die muur is daar klein simbole wat die dood teenwoordig en wat wys dat die slawe die dood elke dag moet "face" en werk om te oorleef, want as hulle een ding verkeert sal doen dan sal die pharaohs hulle laat ly. Daar is ook 'n naam in hierogliewe en dit is Anubis. Hy is ook een van die gode wat deel is van die besleut of iemand die ewige lewe sal hê en is ook die "guardian of the afterlife". Hy het 'n kop van 'n hond en 'n lyf van 'n mens en is die prent word hy verteenwoordig deur die hond. Onder die hond se pote is 'n "ankh" en alle gode in hierogliewe sal dit in hul hand hê. Dit verteenwoordig die ewige lewe en die hond wat dit vashou wys dat hy bepaal wat hul toekoms is.

Ek het deur die 2 panele uitgebeeld hoe pharaohs en slawe se houding teenoor mekaar is en hoe hul leef. Ek het die twee panele in 'n sepia charcol gedoen om 'n sanderige, ou tydse effek te skep.

Kwartaal 3


Die tema van die kwartaal was die uitbeelding van jou droom of net 'n droom. Ek het verskillende drome van my gevat en besluit om dit uit te beeld deur betekenis van die Egyptiese gode. Elke ding of bekenis van die gode verteenwoordig een van my drome. Die heel onderste figuur is Hathor wat "joy" en "love" en "music" beteken en verteenwoordig al my positiewe drome. Bo haar heel regs is Bastet wat "protection" is en verteenwoordig my drome waar ek letterlik soos 'n kat lyk en hardloop. Een links van haar is Anubis wat die "guardian of the afterlife" is en verteenwoordig my drome waar ek iemand kosbaar verloor het. Die een heel links is Sekhmet wat "war" is en verteenwoordig my drome waar ek letterlik in die middel was van 'n oorlog in die middel-eue. Bo haar heel links is Horus wat "sky" beteken en my drome is waar ek letterlik vlieg en waar ek by die strand is en laastens die een heel bo en regs is Thoth wat "knowlegde and writing" is en verteenwoordig drome waar ek eksamen of toetse skryf.

Die hierogliewe agter het ek self geskryf en gaan oor een van my drome. Ek het hierdie taak in potlood op papier gedoen.

Sunday, 16 November 2014

Kwartaal 2


Ons moest iemand geskilder/geteken het wat ons rol model was en ek het vir Isamaya Ffrench gevat wat 'n body and make-up artist is. Sy het vir die Desember vakansie, saam met my familie van Engeland, afgekom Suid-Afrika toe. Sy is 'n vriendelike, pal op die aarde persoon en sy is vir my 'n insperasie vir my kuns omdat sy self 'n uitstekende kunstenaar is en ek die voorreg gehad het om haar persoonlik te ontmoet en leer ken het. Ons het die foto geneem by Spier.

Ek het in 3 mediums gewerk, acrylic verf, pen (doodles) en ink. Ek het eerste die figuur (Isamaya) geskilder in die acrylic verf en dan die slang, in pen, gedoodle en laastens die agtergrond in ink en 'n filterpen gedoen.

Die slang simboliseer haar avontuurlike persoonlikheid. Sy hou baie daarvan om nuwe lande en hul kulture te bewonder en sien enige fiesise aktiwiteit as 'n uitdaaging. Die blou en pers strukture is fungi en sy vind dit baie fassineerend. Dit verteenwoord hoe sy dink in opsigte van haar kuns, want haar kuns is iets heeltemaal anderste net soos die fungi.
Kwartaal 1 (2014)



Ek moes 'n vertrek geskilder/teken het om 'n seker emosie uit te beeld. Ek het 'n foto geneem waar ek op 'n trap gestaan het, in 'n gang en die deur van 'n kamer, met 'n lig wat binne brand, afgeneem. Ek het dit op papier geteken en met 'n waterverf "wash" begin van alle kleure.

Nadat ek die wash gedoen het, het ek begin met die pastel bo-op die waterverf wash. Waar dit lig was, het ek enige ligte kleure gebruik en waar dit donker was, het ek alle donker kleure gebruik. Op die einde het dit 'n onrealistiese effek gegee, maar op dieselfte tyd ook 'n realistiese effek. Die emosie wat uitgebeeld word, is baie geheimsinig en "mysterious", mens wonder wat in die kamer is of daar iets binne in die kamer is of iemand daar besig is met iets.

Thursday, 7 November 2013



My laaste kwartaal projek was "Die wêreld deur die oë van .........." Ek het 'n troeteldier, 'n kat, gekies.  Navorsing het beteken dat ek met my kamera vir dae agter my kat, Kimi, aangeloop het.  Partykeer het dit beteken ek moes saam in die boom klim, ander kere het ek op die grond rondgekruip tussen struike in die tuin.  Die foto's het my 'n goeie en interessante kykie gegee van wat hy beleef.  My medium is potlood op 3 panele 20x20 skets papier.




My eerste paneel is waar Kimi in die boom sit en 'n voël deur die blare dophou. Ek het die boom en die takke met donker soliede lyne gevul. Die blare se are is donkerder gemaak en die skaduwee's is met die stumps in geskakeer. 




My tweede paneel sit Kimi onder op die vloer en kyk op na die kombuis toonbank.  Die stoel is met cross hatching gevul en die toonbank se rand is donker gemaak en die onderkant van die tafel is van donker na lig geskakeer soos die skadu val. Die onderkant van die houtblad is met reguit af lyne gevul. Kaste se deur en bo rand is met donker skuins lyne gevul en die hout rondom dit  is met ligte lyne wat die teenoorgestelde rigting is gevul. Die bakstene is met 'n ligte potlood gevul en met die stumps in geskakeer. Die houtrakke binne en buite die kaste se rante is donker gemaak en die onderkant van die rak is ligter. 




My derde paneel is waar Kimi na 'n visbak kyk met sy pote teen die glas. Die eindelose klomp klippies het baie tyd in beslag geneem.  Die filterbuis is rond en ek het dit beklemtoon geronde dwarslyne.  Ek het weereens stumps gebruik om lig en donker kontras op die blare te skep. 

Hierdie opdrag het my forseer om my kreatiewe denke te toets.  Dit was ook baie opwindend om die wêreld letterlik en figuurlik op 'n ander "vlak" te beleef.  





3de Kwartaal Projek

Die medium vir hierdie projek was "pen en ink" skets.  Omdat ek baie nuut was met die hele kuns ding, was dit weereens 'n eerste vir my.  Ons moes 'n maksimum van 4 raampies van 'n grafiese prenteboek doen.  

Die tema vir die projek was " 'n Dag by die skool, maar met 'n verskil...."  Ons moes foto's neem op die skoolgronde, klaskamers ens, en dan 'n storie illustreer.    M.a.w. die storie kon afspeel op die skoolgronde gedurende pouse of in 'n klaskamer of tydens naskoolse aktiwiteite.  Ek het 'n hele reeks foto's in Juf Myburgh se biologie klas geneem.  Die spesifieke dag het ons die dissektering van 'n bok se ingewande gedoen.  Daar was dus baie detail en ek moes my foto's baie mooi bestudeer om dit lewensgetrou te laat lyk.  Observasie by hierdie taak was dus baie belangrik.  Illustrasiekuns vereis goeie toonwaardes en lynwerk.

Aan die begin van die taak was ek 

Tuesday, 1 October 2013


My 2de kwartaal kuns taak!

Ek het 'n portret van "Venus" gemaak wat deel vorm van Botticelli se skildery "Birth of Venus".  Botticelli was 'n Italiaanse  kunstenaar uit die Renaissance tydperk.

Hierdie opdrag was vir my 'n reuse uitdaging.  Dit was my heel eerste poging op skilderdoek en sal dus altyd 'n spesiale plekkie hê.
Ek het nie geweet waar of hoe om te begin nie, maar hoe sê hulle eet jy 'n olifant op?.....happie vir happie....
Eerstens het ek 'n grit opgetrek op die skilderdoek (A3 grootte), 10 x 7 blokke.  Daarna het ek 'n baie noukeurige potlood skets op die doek gemaak.  Die agtergrond het gevolg, 'n turquoise waarvan die boonste helfte donkerder as die onderste moes wees.

Renaissance kunstenaars was voorwaar briljant met die kwas.  Nie net het hul ongelooflik kleurskakerings gehad nie die gesigte het soveel karakter gehad.  Hul het ook hierdie delikate blosende velkleur bemeester.  Om dit te kon naboots, moes ek baie geduld hê met die meng van al die "stunning" kleure.  Die vel was beslis een van die moeiliker dele.  Ek moes begin deur rooi, geel en wit te meng tot 'n baie ligte pastel perske kleur.  Dit is bietjie vir bietjie ligter gemaak om so 'n room beige met 'n titseltjie perske te kry.  Die hele gesig is daarmee gedoen.  Rondom die ken en kakebeen is 'n donkerder skakering hiervan met 'n "wash" gedoen om skaduwee's te vorm.  Die res van die gesig se skadu's, soos by neus en wenkbroue, is ook op die manier gedoen.,  Die ooglede en wangbene het so bietjie pienk blos bygekry.  Die wit van die oë is "off white" en die oog self is hazel bruin.

Die hare was nogal 'n uitdaging van sy eie.  Daar is soveel skakerings van bruin, rooi, oranje en geel in, dat dit my letterlik ure geneem het om die regte skakerings op die regte plekke te kry.  Eers is al die hare in 'n auburn skakering gedoen en daarna het ek begin speel deur skakerings van bruin vir die donkerder gedeeltes by te sit en 'n ligter "strawberry blond" tussenin. Om die vloei van die hare mooi te kry het ek 'n auburn "wash" gedoen met los stringetjies hare om die haarlyn en in die nek.

Ek staan 'n tree terug en kyk met trots na my eerste skildery...... ♪♫what a feeling...♫♪...