Tuesday, 1 October 2013
My 2de kwartaal kuns taak!
Ek het 'n portret van "Venus" gemaak wat deel vorm van Botticelli se skildery "Birth of Venus". Botticelli was 'n Italiaanse kunstenaar uit die Renaissance tydperk.
Hierdie opdrag was vir my 'n reuse uitdaging. Dit was my heel eerste poging op skilderdoek en sal dus altyd 'n spesiale plekkie hê.
Ek het nie geweet waar of hoe om te begin nie, maar hoe sê hulle eet jy 'n olifant op?.....happie vir happie....
Eerstens het ek 'n grit opgetrek op die skilderdoek (A3 grootte), 10 x 7 blokke. Daarna het ek 'n baie noukeurige potlood skets op die doek gemaak. Die agtergrond het gevolg, 'n turquoise waarvan die boonste helfte donkerder as die onderste moes wees.
Renaissance kunstenaars was voorwaar briljant met die kwas. Nie net het hul ongelooflik kleurskakerings gehad nie die gesigte het soveel karakter gehad. Hul het ook hierdie delikate blosende velkleur bemeester. Om dit te kon naboots, moes ek baie geduld hê met die meng van al die "stunning" kleure. Die vel was beslis een van die moeiliker dele. Ek moes begin deur rooi, geel en wit te meng tot 'n baie ligte pastel perske kleur. Dit is bietjie vir bietjie ligter gemaak om so 'n room beige met 'n titseltjie perske te kry. Die hele gesig is daarmee gedoen. Rondom die ken en kakebeen is 'n donkerder skakering hiervan met 'n "wash" gedoen om skaduwee's te vorm. Die res van die gesig se skadu's, soos by neus en wenkbroue, is ook op die manier gedoen., Die ooglede en wangbene het so bietjie pienk blos bygekry. Die wit van die oë is "off white" en die oog self is hazel bruin.
Die hare was nogal 'n uitdaging van sy eie. Daar is soveel skakerings van bruin, rooi, oranje en geel in, dat dit my letterlik ure geneem het om die regte skakerings op die regte plekke te kry. Eers is al die hare in 'n auburn skakering gedoen en daarna het ek begin speel deur skakerings van bruin vir die donkerder gedeeltes by te sit en 'n ligter "strawberry blond" tussenin. Om die vloei van die hare mooi te kry het ek 'n auburn "wash" gedoen met los stringetjies hare om die haarlyn en in die nek.
Ek staan 'n tree terug en kyk met trots na my eerste skildery...... ♪♫what a feeling...♫♪...
Subscribe to:
Posts (Atom)