My laaste kwartaal projek was "Die wêreld deur die oë van .........." Ek het 'n troeteldier, 'n kat, gekies. Navorsing het beteken dat ek met my kamera vir dae agter my kat, Kimi, aangeloop het. Partykeer het dit beteken ek moes saam in die boom klim, ander kere het ek op die grond rondgekruip tussen struike in die tuin. Die foto's het my 'n goeie en interessante kykie gegee van wat hy beleef. My medium is potlood op 3 panele 20x20 skets papier.
My eerste paneel is waar Kimi in die boom sit en 'n voël deur die blare dophou. Ek het die boom en die takke met donker soliede lyne gevul. Die blare se are is donkerder gemaak en die skaduwee's is met die stumps in geskakeer.
My tweede paneel sit Kimi onder op die vloer en kyk op na die kombuis toonbank. Die stoel is met cross hatching gevul en die toonbank se rand is donker gemaak en die onderkant van die tafel is van donker na lig geskakeer soos die skadu val. Die onderkant van die houtblad is met reguit af lyne gevul. Kaste se deur en bo rand is met donker skuins lyne gevul en die hout rondom dit is met ligte lyne wat die teenoorgestelde rigting is gevul. Die bakstene is met 'n ligte potlood gevul en met die stumps in geskakeer. Die houtrakke binne en buite die kaste se rante is donker gemaak en die onderkant van die rak is ligter.
My derde paneel is waar Kimi na 'n visbak kyk met sy pote teen die glas. Die eindelose klomp klippies het baie tyd in beslag geneem. Die filterbuis is rond en ek het dit beklemtoon geronde dwarslyne. Ek het weereens stumps gebruik om lig en donker kontras op die blare te skep.
Hierdie opdrag het my forseer om my kreatiewe denke te toets. Dit was ook baie opwindend om die wêreld letterlik en figuurlik op 'n ander "vlak" te beleef.